Seun, 13, sterf na toesluiting in koelkamer oor hy glo steel

‘n Dertienjarige seun is dood nadat hy na bewering oornag in ‘n Shoprite-koelkamer toegesluit is vir die steel van sjokolade. Die voorval het woede ontlok, met die gemeenskap van Ratanda in Heidelberg, Gauteng, wat dreig om die winkel af te brand. News24 berig ‘n raadslid in Heidelberg, Mari Boshoff, erken die gemeenskap se woede, terwyl die polisie op die toneel die kind se dood bevestig het. Die owerhede probeer om die toestand buite die supermark te beheer.