Seun, 12, hang homself na sy pa hom berispe, los boodskap in die sand

‘n Hartseer verhaal het homself Saterdag naby Eenhana uitgespeel. Volgens die Namibiese polisie het ‘n 12-jarige seun homself gehang na sy pa hom berispe oor sy WhatsApp-toepassing op sy selfoon. Hy het die kind blameer dat hy die toep van sy selfoon uitgevee het. Die kind is toe aangesê om die bokke veld toe te vat. Volgens die mag het die pa gesien die kind stap in ‘n ander rigting. Hy het hom agtervolg en hom gevind waar hy homself gehang het by ‘n boom. ‘n Nota in die sand het gelees, ‘Ek is nie die een wat WhatsApp van pappa se selfoon uitgevee nie’. Die ondersoek duur voort.