Sestig studente van Wits in hospitaal opgeneem

Die Universiteit van die Witwatersrand stel ondersoek in nadat 60 studente verlede nag in die hospitaal opgeneem is. Paramedici is ingeroep nadat die studente van asemnood gekla het. Hulle het volgens berigte almal in dieselfde eetsaal van studenteverblyf in Johannesburg geëet. Volgens die universiteit is die eetsaal gesluit en daar word ondersoek ingestel om die oorsaak van die siekte vas te stel. Die woordvoerder van ER24, Russel Meiring, sê presiese inligting oor die gebeure is nog nie bekend nie.