Sesnasies: Smith is Saterdag op die bank

Losskakel Marcus Smith het ʼn kuitbesering en is nie Saterdag beskikbaar vir Engeland se eerste Sesnasies-wedstryd teen Italië in Rome nie. Hy het die besering Maandag tydens ʼn oefensessie opgedoen. Dit beteken George Ford en nuweling Fin Smith is afrigter Steve Borthwick se enigste losskakel-opsies. Engeland moet reeds sonder die beseerde senters Ollie Lawrence en Manu Tuilagi, agterspeler Tom Curry en vleuel Anthony Watson klaarkom. Die hulpafrigter Kevin Sinfield sê hulle wag op ʼn twee mening oor Smith se skanderings om te bepaal hoe lank hy buite aksie gaan wees.