Ses verdagtes aangekeer na moord op Luke Fleurs

Die polisie in Gauteng het ses verdagtes in verband met die moord op Kaizer Chiefs se verdediger, Luke Fleurs, in hegtenis geneem. Die 24-jarige sokkerspeler is verlede Woensdag in ‘n kapingsvoorval by ‘n vulstasie in die noordweste van Johannesburg doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die verdagtes sal Vrydag in die Roodepoort landdroshof verskyn.