Ses Tunisiërs tronk toe na hulle verkeerde vlag hys

Ses Tunisiërs is gevonnis tot vier maande tronkstraf nadat Turkye se soortgelyke rooi-en-wit vlag oor ‘n regeringsgebou gehys is. Beeldmateriaal wat vroeër hierdie maand aanlyn versprei is, wys hoe die Turkse vlag oor die hoofkwartier van die nasionale spoorwegmaatskappy wapper. Die twee vlae het dieselfde kleure en albei het die Islamitiese simbole, ‘n ster en ‘n halfmaan op, met die opvallendste verskil die wit sirkel wat op die Tunisiese een is.