Ses sterf in Ladysmith fratsvloed

Ses mense is dood en minstens tien word vermis na ‘n rivier in die Ladysmith-omgewing in KwaZulu-Natal op Oukersaand sy walle oorstroom en vloedwater die N-11 naby die Limit Hill-verkeerslig getref het. Dit het tot ernstige skade aan infrastruktuur gelei en verskeie voertuie is meegesleur. Die woordvoerder van die provinsiale samewerkende regering-departement, Siboniso Mngadi, sê ‘n huis is heeltemal vernietig en drie familielede is meegesleur.