Ses paaltjies in een boulbeurt!

Krieket: Die Australiese bouler, Gareth Morgan, sê hy kon sy oë nie glo toe hy ses paaltjies in een boulbeurt geneem het nie. Die kaptein van Mudgeeraba Nerang het hierdie prestasie in ʼn Afdeling Drie-wedstryd vermag. Surfers Paradise het net vyf lopies in hulle laaste boulbeurt benodig om te wen, maar Morgan het hulle laaste ses paaltjies laat kantel om aan sy span ʼn onverwagte oorwinning te besorg. Sy pa, Huw, het agterna vertel Gareth het as kind ook vyf paaltjies in een boulbeurt laat kantel maar kon nie nog een kry nie want daar was net vyf paaltjies oor.