Ses mense beseer in Pamplona bulstormloop

Ses mense is beseer op die eerste dag van die jaarlikse bulstormloop in Pamplona in Spanje. Die meeste is beseer in wat stampe genoem word. Daarby is ‘n 37-jarige Spaanse man na wat berig word deur ‘n bul deurboor. Die geleentheid vind elke jaar in Julie plaas en is bekend vir elke oggend se bulstormlope. Byna 1,7-miljoen mense het dit glo 2022 bygewoon en 16 mense is sedert 1910 dood.