Ses-maande oue seuntjie sterf, wag week vir vervoer kliniek toe

Die tragiese dood van ‘n ses-maande-oue seuntjie het weer die land se gebrek aan ambulanse, veral in landelike gebiede, in fokus geplaas. Die ma van Paul Katiisa, van Okamatapati in die Otjozondjupa-streek, het volgens ‘n polisieverslag vanaf verlede Maandag probeer om ‘n geleentheid te kry na die dorpie se kliniek, omdat hy diarree gekry het en ook gebraak het. Hulle kon eers Saterdag ‘n geleentheid kry en die baba het by aankoms by die kliniek gesterf. Die ondersoek duur voort.