Ses leeus in Kenia doodgemaak

Mens-dier-konflik is nie net ‘n uitdaging in Namiabië nie. Kleinvee-wagters in Kenia het glo die reg in eie hande geneem en ses leeus doodgemaak nadat ‘n trop hul bokke en ‘n hond aangeval het. Die voorval volg op die onlangse dood van ‘n leeu in Kenia, wat glo die wêreld se oudste is. Tien leeus is ook verlede week in die land se Amboseli Nasionale Park doodgemaak. In reaksie hierop is amptenare van Kenia se Wildlewediens in gesprek met die gemeenskap om die doodmaak van leeus te bespreek.