Ses klinieke, 8 hospitale in Gauteng het asbesgevare

Die DA in Gauteng sê asbesgevare is by agt openbare hospitale en ses klinieke in die provinsie geïdentifiseer, en sekere maatreëls is getref om die gesondheidsrisiko te versag. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het skriftelik op ‘n vraag geantwoord in die provinsiale wetgewer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die hospitale wat geraak is, is Chris Hani Baragwanath, George Mukhari, Tambo-gedenkhospitaal, Verre Oos-Rand, Tembisa, Bertha Gxowa, Yusuf Dadoo en Tara H. Moross: