Ses is dood in brand in Wellington-herberg
Minstens ses mense is dood en minstens elf word vermis nadat ‘n brand by ‘n herberg in Nieu-Seeland se hoofstad, Wellington, uitgebreek het. Die Loafers Lodge het net na middernag aan die brand geraak en inwoners moes ontruim. Owerhede sê daar was vermoedelik sowat 100 mense in die gebou toe die brand ontstaan het. Die eerste minister, Chris Hipkins, beskryf die voorval as ‘n absolute tragedie en waarsku dat die dodetal kan styg: