Ses dood in springkasteel-tragedie

Die dodetal ná ‘n springkasteelongeluk in Noordwes-Tasmanië in Australië het tot ses gestyg. Twee beseerdes se toestand is steeds kritiek. Daar word berig die 11-jarige Chace Harrison is gister, drie dae ná die ongeluk, in ‘n hospitaal in Hobart oorlede nadat masjiene wat hom aan die lewe gehou het, afgeskakel is. ‘n Sterk wind het die springkasteel en opblaasballe opgelig en die kinders meer as tien meter vêr laat val. Die slagoffers het die skool se jaareind-vieringe bygewoon toe die treurspel plaasgevind het.