Ses dood, honderde vermis met gebou wat in Nigerië ineenstort
’n Winkelsentrum in aanbou in Nigerië se suidoostelike Anambra-staat het laat Maandag ineengestort en minstens ses mense is dood, terwyl die nasionale noodbestuursagentskap vrees dat vele meer onder die puin vasgevang is. Die gebou met meer as 120 winkels het in die stad Onitsha ineengestort. Sommige van die mense wat gered is, is na verskillende hospitale geneem vir behandeling en ‘n soektog na ander oorlewendes is aan die gang. Gebou-ineenstortings kom gereeld voor in Afrika se grootste ekonomie en top-olieprodusent, as gevolg van lakse regulasies en dikwels substandaard konstruksiemateriaal.