Ses aangekeer vir aanlyn swendelary-rooftogte

Minstens ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met aanlyn swendelary-rooftogte in Winterveldt, Tshwane. Die polisie het Dinsdag inligting ontvang oor ‘n voorval waarin slagoffers met ‘n vuurwapen aangehou is en van ‘n onbekende bedrag geld beroof is. Die aanlyn ingrypings-taakspanlede het met die opsporing van verskeie verdagtes begin. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê ses verdagtes is op verskillende plekke in Winterveldt aangekeer.