Serwiërs ruk op teen litiummyn
Tienduisende Serwiërs het in Sentraal-Belgrado betoog en eis dat Rio Tinto stopgesit word met ‘n litiumprojek in weste van die land. Daar is vrese vir besoedeling. Regeringsamptenare sê die betogings is polities gemotiveerd en ontwerp om president Aleksandar Vucic en sy regering omver te gooi. Verlede maand het Serwië Rio Tinto se lisensie heringestel om wat Europa se grootste litiummyn sal wees, te ontwikkel, twee jaar nadat die vorige regering die proses gestaak het weens kommer deur omgewingsgroepe.