Serena sê Shuai verdwyning moet ondersoek word

Die 23-malige Grand Slam-kampioen Serena Williams het ook haar stem gevoeg by diegene wat ‘n ondersoek aanvra na waar die Chinese speler Peng Shuai haar bevind. Die 35-jarige is nog nie in die openbaar gesien of van gehoor sedert sy vroeër die maand op plaaslike sosiale media beweer het ‘n gewese visepresident van die land het haar seksueel aangerand nie. Williams hoop Peng is veilig en word so gou moontlik gevind. Die hoof van die WTA, Steve Simon, sê hy het herhaaldelik probeer om Peng in die hande te kry, maar tevergeefs. Sy het twee Grand Slam-dubbelstitels ingepalm.