September is weer Amnestie-maand – Nampol
Die Namibiese polisie het aangekondig dat September weer Amnestie-maand is vir die inhandiging van onwettige wapens en ammunisie. Ingevolge die wet mag geen persoon wat onwettige ammunisie of wapens by die polisie inhandig vervolg word nie. Daar is toenemend uitdagings met wapens wat tydens huisrooftogte en tydens plaasaanvalle gesteel word en misdadigers is ook oor die algemeen meer gewapen.