Senzo Meyiwa-moordverhoor tot Maandag uitgestel
Die hooggeregshof in Pretoria het die Senzo Meyiwa-moordverhoor tot Maandag uitgestel. Die verdediging se regsverteenwoordiger, Zandile Mshololo, het uitstel gevra nadat hy besef het die forensiese ondersoeker, Thabo Mosia, se antwoorde is onsamehangend. Mosia het verduidelik hy het medikasie geneem en kon nie voortgaan op die getuiebank nie. Mosia het Donderdag tydens kruisondervraging toegegee hy het geen oorspronklike foto’s as bewyse nie en dat hy die bewysstukke eers geregistreer het twee dae nadat die voormalige Bafana Bafana-kaptein in 2014 aan die Gautengse Oos-Rand vermoor is.