Sentrale- en Ooste-damme begin bodem sien

Daar net 21,8 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor wat onder meer Windhoek voorsien, volgens NamWater se weeklikse dambulletin. Von Bach is op 12,6 persent na water van Swakoppoort, wat op 43,5 persent staan, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 16,7 persent met 1,94 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 43,1 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 45,5 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,7 persent met die Otjiverodam op 5,1 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 15 en 8 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy effe voller op 38,8 persent.