Sentrale damme op 15%, Ooste se bronne op 2,2%
Die drie sentrale damme het tans 15,1 persent van kapasiteit. Volgens NamWater se jongste bulletin staan Von Bach staan op 11,5 persent na water van Swakoppoort, nou op 28 persent, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Ooste het Gobabis net 2,2 persent van bronne. Otjivero-dam is 3,2 persent vol en Daan en Tilda Viljoen het onderskeidelik 1,4 en 3,8 persent water. Hardap in die Suide het 9,6 persent met 592 000 kubieke meter water wat in die afgelope week uitgepomp is. By Keetmanshoop is Naute-dam 42,3 persent vol en Oanob by Rehoboth het 38,8 persent water. Neckartal is weer gepomp en is tans op 81 persent.