Sentrale bank wil kriminele klagte teen Amushelelo lê
Die bekende regsman Norman Tjombe het ‘n regsbrief aan die sogenaamde aktivis Michael Amushelelo geskryf waar hy daarop aandring dat die kontak besonderhede van die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab van sy sosiale media verwyder. Tjombe sê hy tree vir die bank op en voer aan dat !Gawaxab nou gesteister word op die nommer wat deur die bank uitgereik is. Dit is volgens hom ‘n kriminele oortreding ingevolge die kommunikasie-wet en kan ‘n boete van 20 000 Namibiese dollar of vyf jaar tronkstraf, of albei, dra. Amushelelo moes reeds op 14 Mei dit gedoen het maar, het nie en het die nommer weer vandag gedeel. Tjombe sê die bank sal kriminele klagte lê.