Sentraal-Karoo behou noodsaaklike dienste tydens kragonderbrekings

Die plaaslike regering-departement van die Wes-Kaap is daadwerklik besig om noodsaaklike dienste te koördineer en te beplan in reaksie op langdurige elektrisiteitsonderbrekings in dele van die Sentraal-Karoo. Die LUR van die departement, Anton Bredell, sê die Provinsiale Rampbestuursentrum fokus veral op die verskaffing van noodsaaklike dienste, insluitende drinkwater en afvalwaterstelsels, in die betrokke gemeenskappe. Volgens Bredell is hulle daartoe verbind om werkende openbare dienste gedurende ‘n onderbreking te onderhou, soos hospitale en skole.