Sensus: Uniforms kos tussen N$3m en N$18m

Die Namibiese Statistieke-agentskap se tender vir uniforms vir data-insamelaars is in die nuus. Die agentskap het die verkrygingsregulasies oortree deur minder as 30 dae te gee aan voornemende bieërs. Die tender is op 2 Mei aanlyn geadverteer en op 8 Mei in plaaslike koerante. Dit het op 30 Mei gesluit. Daar was 32 bieërs waaronder net drie vervaardigers van uniforms is, en die verskille in die bedrae verstom. Die laagste bod het op net meer as 3 miljoen Namibiese dollar ingekom met die hoogste net onder 18 miljoen dollar. Ses items is aangevra wat hoedens en sakke insluit. Alle bieërs moes voorbeelde indien, wat nie gedoen is nie. Die sensus begin op 18 September en kom op 3 November tot ‘n einde.