Sensus in SA het groot uitdagings, veral in Wes-Kaap
Terwyl Namibië se sensus eers afgestel is, blyk daar uitdagings te wees in die buurland. Die jongste Sensus 2022-bevindinge dui daarop dat die Wes-Kaap die laagste bevolking telling het in vergelyking met ander provinsies. Volgens die hoofdirekteur van Statistiek Suid-Afrika, Patrick Kelly, behoort die telling op 100 persent van geskatte wooneenhede te wees. Die Wes-Kaap staan tans op 50 persent. Kelly sê die meeste provinsies het die sensusproses voltooi. Die teldae vir KwaZulu-Natal en Gauteng is verleng. Kelly sê veldwerkers het ook verskeie uitdagings in die gesig gestaar, wat vertragings veroorsaak het: