Sensus beïnvloed BBP per kapita maar nie klassifisering nie
Die sensus-syfers bly in die nuus. Volgens die makelaarsfirma Cirrus, moet reële BBP syfers per kapita afwaarts aangepas word. Die syfer, wat die Wêreldbank in 2022 op net meer as 5 000 Amerikaanse dollar bepaal het, is op ‘n bevolkingsgroei van 1,9 persent bereken. Die sensus toon ‘n groei van 43 persent tussen 2011 en 2023. Maar, die afwaartse aanpassing sal niks doen aan die land se klassifikasie as ‘n hoër middel-inkomste land nie. Robert McGregor van Cirrus verduidelik.