Sensus-begroting sal inwoners bevoordeel, sê statistiek-hoof

Die Namibië Statistiek-agentskap het vandag amptelik die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus by Staatshuis in die hoofstad bekendgestel. Die agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het tydens die bekendstelling gesê een van die hoogtepunte van vanjaar se sensus is dat hulle ‘n begroting kon kry wat die land se inwoners werklik sal bevoordeel. Shimuafeni het die minister van finansies verseker dat elke sent van die begroting plaaslik bestee sal word.