Senior rolbalspan op pad na Afrika State-kampioenskap

Namibië se senior rolbalspanne gaan vanaf Maandag tot 26 September aan die Afrika State-kampioenskap in Orapa in Botswana deelneem. Beide die mans- en vrouespanne sal aan enkelspel, parespel, driespel en vierspel deelneem. Die ander lande wat in aksie gaan wees is Botswana, Kenia, Suid-Afrika en Zimbabwe. Zambië het onttrek. Die kampioenskap vorm deel van die eerste Wêreldrolbalreeks wat alle internasionale spelers op sy ranglys sal plaas. Dit dien ook as ‘n kwalifiseerder vir die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.