Senator Tim Scott gee sy standpunt oor aborsie
Senator Tim Scott van Suid-Carolina sê as die enigste swart Republikein in die Senaat, bied hy ‘n unieke uitkyk op konserwatiewe beleide en hoe dit Amerikaners die beste kan dien. Hy het sy veldtog om Amerika se Republikeinse kandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing te word, amptelik van stapel gestuur. Oudpresident Donald Trump het reeds aangekondig dat hy verkiesbaar is terwyl goewerneur Ron DeSantis van Florida na verwagting ook by hulle sal aansluit. Scott het sy standpunt oor die omstrede kwessie aborsie aan CNN gegee…