Sekuriteitsmaatskappy sê NEFF moenie staking aanvuur
Namibia Protection Services het gesê hy gaan die politieke party Namibia Economic Freedom Fighters arbeidshof toe sleep indien dit voortgaan om hul sekuriteitswagte verder intimideer en die onwettige staking aanvuur. Die waarnemende uitvoerende hoof van Namibia Protection Services, Fanie Horn, sê in ‘n mediaverklaring hulle erken nie NEFF as ‘n wettige vakbond in die sekuriteitsbedryf wat namens hul werkers eise kan stel nie. Sekuriteitswerkers van dié maatskappy staak al sedert 9 Mei.