Sekuriteits-arbeidsforum kap ongeregistreerde werkgewers
Die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum, wat die kollektiewe belange van die sekuriteitsbedryf verteenwoordig, het aangekondig dat hy hom distansieer van werkgewers en werknemerverteenwoordigers wat nie by die arbeidsministerie geregistreer is en erken word nie. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, of SAN, asook verskeie vakbonde in. Hierdie stap is in nakoming van die forum se toewyding aan die handhaaf van wetlike standaarde en om verantwoordelike sakepraktyke binne die sekuriteitsbedryf te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Celeste Mhunduru, die nasionale administrateur van SAN, wat werknemers aanraai om nie aan onwettige stakings deel te neem nie. Hulle moet geduldig wees en die drieledige proses vertrou, en nie by onwettige aksies betrokke raak nie.