Sekuriteit verskerp vir Durban July vandag

Verskeie sekerheidsagentskappe, insluitende die polisie, is vandag op hoë gereedheidsgrondslag vir die Durban July op die Greyville-renbaan. Volgens die organiseerders het hulle ʼn pro-aktiewe benadering om ʼn suksesvolle geleentheid te verseker. Maatreëls fokus op moontlike ontwrigting, dronkbestuur, dwelmmisbruik, en om te verseker verbode items soos skerp voorwerpe, vuurwapens, bottels en drank word verwyder. ʼn Woordvoerder van die polisie, Carmen Rhynes, raai toeskouers aan om hulle te gedra, na hulle besittings om te sien en eerder openbare vervoer te gebruik.