Sektore moet saamwerk teen klimaatbedreigings

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, die Wêreld Intellektuele Eiendomsorganisasie en die Wêreldhandelsorganisasie vra lande om lesse wat geleer is uit die Covid-19-pandemie toe te pas in dringende dwarssektorale pogings om mense teen toenemende klimaatbedreigings te beskerm. Die organisasies het die tiende Gesamentlike Tegniese Simposium gehou onder die tema, ‘n Toekomsblik: Menslike Gesondheid en Klimaatsverandering. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê lidlande moet dringend kyk na maniere om hulle verpligtinge rakende uitstralings-verminderings na te kom en te versnel, en na skoon energie oor te skakel.