Seksuele geweld in Sudan wek kommer

Die Verenigde Nasies het wat hy toenemende seksuele geweld teen vroue en meisies noem, in Sudan veroordeel. Die land is reeds meer as twee maande in ‘n burgerlike oorlog gewikkel. Sedert die konflik middel April uitgebreek het, het die VN se menseregtekantoor in Sudan geloofwaardige verslae ontvang van 21 voorvalle van konflikverwante seksuele geweld teen ten minste 57 vroue en meisies. In een geval is soveel as 20 vroue glo in dieselfde aanval verkrag. Meer as 3 000 is tot dusver in die geweld tussen die weermag en die Rapid Support Forces dood met miljoene wat ontheem is.