Sekretariaat van Swapo se sentrale komitee die naweek verkies

Plaaslike media berig dat die adjunk-premier en vise-president van die Swapo-party, Netumbo Nandi-Ndaitwah, die pos van eerste minister wat deur President Hage Geingob aan haar aangebied is, van die hand gewys het. Sy het ook volgens berigte gevra dat die portefeulje van internasionale betrekkinge verwyder moet word. Kenners meen dat Nandi-Ndaitwah eerder op haar pligte as party visepresident wil fokus in aanloop tot volgende jaar se verkiesing. Intussen sal die party se sentrale komitee môre in die hoofstad vergader om verskeie poste in die sekretariaat te vul, insluitend ekonomie en verdediging. Geingob se privaat regsman Sisa Namandje is deel van sy eie verkose kandidate. Volgens die party se Grondwet, moet kandidate vir ten minste vyf jaar in die sentrale komitee gedien het om in aanmerking te kom vir ‘n pos in die sekretariaat.