Seisoen vir loononderhandelings begin in buurland

Solidariteit sê hy verwag taai loononderhandelings by die Bedingingsraad vir die Metaal en Ingenieurs-bedryf weens ‘n ooreenkoms wat tydens die Covid-19-pandemie-tydperk bereik is. Ingevolge die ooreenkoms is salarisverhogings slegs op die minimum-salarisskaal per posgraad bereken wat die meeste geskoolde werkers op hoër skale benadeel het. Solidariteit sê werkgewers sal nou met dié praktyk voortgaan, wat die ses vakbonde wat betrokke is, sal teenstaan. Die onderhandelings begin vandag in Boksburg.