Seismiese opnames begin in Walvis-bekken

Eco Atlantic Oil and Gas beplan om 2D en 3D seismiese opnames in PEL 99 en 100 in die Walvis-bekken uit te voer. Die olie en gas eksplorasiemaatskappy hou ‘n 85 persent werkende belang in die lisensies. Die seismiese opname sal fokus op spesifieke gebiede en sal wissel van 2 000 tot 3 000 meter in diepte. ‘n Gespesialiseerde opnamevaartuig sal benut sal word.