Seine-rivier veilig, driekamp is vandag
Organiseerders het toestemming gegee dat die mans en vroue se driekamp-items vandag mag voortgaan. Dit volg nadat die Seinerivier se jongste watergehalte-toetse laer bakterie-vlakke toon en aanvaarbaar is volgens Wêreld-driekamp se standaard. Vyf-en-vyftig vroue wat 34 lande verteenwoordig het die kompetisie afgeskop met Cassandre Beaugrand van Frankryk en die Brit, Beth Potter, wat die gunstelinge is om goud te wen. In die mans-item is Alex Yee van Groot Brittanje een van die gunstelinge vir ʼn goue medalje.