Seibeb sê Shino wou nie praat nie omdat LPM intellektueel is

Die LPM is steeds vies vir die petroleumkommissaris Maggy Shino omdat sy nie hulle beleidskonferensie wou bywoon en toespreek nie. Shino het gesê sy kan nie as staatsamptenaar by partydige byeenkomste betrokke wees nie maar, die party se onderleier Henny Seibeb dit is nie die rede nie. Hy sê sy het dalk nie besef hoe intellektueel die LPM se partylede is nie.