Seereddings verskerp vir feesseisoen

Die feestyd gaan oor pret in die son, maar die belangrikste bestanddeel vir die genot is water. Dit hou egter ‘n mate van gevaar in, want of mens in die see of ‘n swembad baljaar, as jy nie versigtig is of kinders dophou nie, kan verdrinkings voorkom. Daar is tans geen formele seeredding langs die Erongo-kuslyn werksaam nie, en daarom het die Namibian Marshall Rangers-nooddienste die uitdaging aangepak om reddingsdienste langs die kuslyn te verskaf saam met die vloot en Monarch Lifeguards. Kosmos 94.1 Nuus het met Sean Naude van Namibia Marshall Rangers gepraat wat meer besonderhede het.