Seeis-stropers hoor Vrydag hulle lot

Die twee stropers wat Maandag in Okahandja op heterdaad betrap is met vyf wildkarkasse sal Vrydag hulle lot hoor. Ashley Eiseb en Hermanus Kharugab het in die hof op Seeis verskyn, na hulle in daardie gebied onwettig gejag het en is skuldig bevind. Die staat sê hy poog nou om die hof te oortuig dat die twee gewoonte misdadigers is. Kharugab het volgens wat berig word hangende sake van poging tot moord en onwettige jag, voor Maandag se voorval, reeds teen hom terwyl Eiseb sake op Witvlei, Gobabis, Windhoek en Omaruru het. Teenstroperyeenhede het aan plaaslike media bevestig dat hulle reeds drie van Kharugab se voertuie laat skud het en met elke saak ontvang hy borg. Hy word reeds vir ses jaar deur die eenhede gevang.