Sean Naude sê hy het nie geld by publiek gebedel vir regsgeding
Na aanleiding van die plasings op sosiale media dat Namibian Marshal Ranger Sean Naude hulp van die publiek gevra het om die regsgeding van 100 000 Namibiese dollar wat hy beveel is om te betaal, te finansier, het Naude dit ten sterkste ontken. Naude het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bereid om al sy goed te verkoop om die regsgeding te kan betaal. Hy sê Namibiërs wat sy werk verstaan en sy waarde in die samelewing sien, het hom egter vrywillig bygestaan. Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…