Sean ‘Diddy’ Combs gearresteer
Sean “Diddy” Combs is in New York gearresteer. Die Amerikaanse prokureur Damian Williams het in ‘n verklaring bevestig dat federale agente hom gearresteer het, gebaseer op ‘n verseëlde akte van beskuldiging. Combs se prokureur Marc Agnifilo het in ‘n verklaring sy teleurstelling uitgespreek. Hy sê die 54-jarige Combs het saamgewerk met die ondersoek. Combs het die afgelope tyd ‘n vlaag van regsgedinge hanteer wat hom van seksuele aanranding en wangedrag beskuldig.