Scholtz bly oor vestiging van VSA-missiele op Duitse grond
Duitsland se kanselier Olaf Scholz het die aangekondigde ontplooiing van Amerikaanse langafstandmissiele na Duitsland geprys en sê dit is noodsaaklik om die land te beveilig. Die ooreenkoms is tydens die Navo-beraad in Washington bekend gemaak en sal meebring dat Amerika vanaf 2026 ‘n verskeidenheid missielstelsels op Duitse bodem ontplooi. Moskou het die aankondiging gekritiseer en gesê dit verhoog spanning. Die Kremlin sê in ‘n verklaring die missielontplooiing is ‘n baie ernstige bedreiging van Navo wat reaksiemaatreëls sal vereis.