Schlettwein verdedig hervestiging

Die landbouminister Calle Schlettwein sê dat die besluit om 37 huishoudings op ‘n plaas van 2 835 hektaar te hervestig is korrek. Die grond kan 212 stuks grootvee dra en volgens Schlettwein het die groep begunstigdes 59 bees, 170 bokke en 24 skaap. Die groep is ook dieselfde wat by Hochveld afgesit is en daarom word hulle saam hervestig. Volgens die minister sal hulle ondersteuning ontvang wat watervoorsiening, opleiding en die vestiging van inkomste genererende projekte insluit.