Schlettwein soek naasbestaan vir konflik met wild, ekoloog reageer

Landbouminister Calle Schlettwein het onlangs in ‘n Facebook-plasing gesê die voortdurende gesprekke oor mens-wild-konflik fokus dikwels op wild wat met vee meeding om weiding en water, en oesskade aanrig. Hy pleit vir oplossings wat naasbestaan bevorder eerder as om die een dood te maak tot voordeel van die ander. Hy beklemtoon dat die konsep volhoubare benutting vir beide wild en vee moet geld, en dat dit heeltemal moontlik is om hierdie balans te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog, oor wat die oplossing behoort te wees.