Schlettwein soek meer data oor in-situ loging

Die Namibiese regering het aangedui dat hy huiwerig is om ‘n besluit oor uraanontginning in die Stampriet-bekken te neem weens leemtes in die wetenskaplike data wat beskikbaar is. Die bekken dek ’n enorme droë streek van sowat 87 000 vierkante kilometer, wat strek van sentraal-Namibië tot in die weste van Botswana en Suid-Afrika se Noord-Kaapprovinsie. Landbouminister Calle Schlettwein het weer by Maandag se hoë-vlak vergadering op Mariental beklemtoon dat Namibië ‘n droë land is en dit is noodsaaklik om ooreen te kom oor metodes van eksplorasie en mynbou wat nie die kwaliteit of kwantiteit van grondwaterbronne in gevaar stel nie. Die groot uitdaging is in-situ loging.