Schlettwein sit bo-rooilyn hulp uiteen in NV
Die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië bly ‘n kontensieuse kwessie, veral in die Nasionale Vergadering. Die minister van landbou, Calle Schlettwein, het vandag in die NV uiteengesit wat die ondersteuning is wat boere noord van die rooilyn kry. Schlettwein het verskeie projekte genoem en gesê daar word nie gediskrimineer tussen kommersiële plase suid van die rooilyn en plase noord daarvan nie.