Schlettwein: Hernoem Vleisraad van Namibië

Die landbouminister Calle Schlettwein het voorgestel dat die Vleisraad van Namibië hernoem word na die Lewendehawe- en Veeprodukte-raad van Namibië in ooreenstemming met die uitgebreide mandaat wat strek van vleisprodukte tot vee- en veeprodukte, insluitend pluimvee en sy produkte. Hy stel voor dat voorsiening gemaak word vir minder raadslede en meer spesifiek vir die aanstelling van ‘n lid met die nodige kundigheid oor die suiwelbedryf. Schlettwein het die Wysigings-wetsontwerp op Lewendehawe en Veeprodukte in die parlement bekendgestel om ook ander kommoditeite soos suiwel, pluimvee en hul produkte in te sluit, aangesien hierdie bedrywe op die rand van ineenstorting staan as gevolg van invoere na Namibië.